Matilda van Engeland

Matilda
Koningin van Engeland (betwis)

Huis Normandië
Plantagenêt
Regeer 1141
Voorganger Stefanus van Engeland
Opvolger Stefanus van Engeland
Eggenoot Hendrik V van die Heilige Romeinse Ryk
Godfried V van Anjou
Kinders Hendrik II van Engeland
Geoffrey, Graaf van Nantes
Willem X, Graaf van Poitou
Gebore c. 7 Februarie 1102
Oorlede 10 September 1167
Vader Hendrik I van Engeland
Moeder Matilda van Skotland

Keiserin Matilda (ook bekend as keiserin Mathilde of keiserin Maud; c. 7 Februarie 110210 September 1167) was die dogter en erfgenaam van Hendrik I van Engeland en van Matilda van Skotland. In 1114 het sy getrou met keiser Hendrik V van die Heilige Romeinse Ryk, maar hy is in 1125 dood. Hulle het nie kinders gehad nie. In 1128 het sy weer getrou, dié keer met Godfried V van Anjou.

Ondanks die feit dat die baronne ingestem het dat Matilda haar pa ná sy dood sal opvolg, was daar twee struikelblokke in die weg: Sy was ’n vrou en haar tweede man was van die vyandelike Franse Huis van Anjou. Hendrik se susterskind Stefanus van Blois het toe die Engelse troon oorgeneem. Dit het gelei tot ’n burgeroorlog, bekend as Die Anargie, waartydens Matilda ’n paar maande in 1141 op die Engelse troon gesit het. Hierna het Stefanus weer die mag oorgeneem.

Matilda se seun Hendrik sou wel ná Stefanus koning van Engeland word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne