Matt Stone | |
Stone in 2016
| |
Geboortenaam | Matthew Richard Stone |
---|---|
Geboorte | 26 Mei 1971 Houston, Texas, Verenigde State |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Lewensmaat | Angela Howard |
Kinders | 2[1] |
Beroep(e) | Akteur, skrywer, en vervaardiger |
Aktiewe jare | 1989–nou |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Matt Stone (gebore 26 Mei 1971) is 'n Amerikaanse akteur, skrywer, en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente BASEketball (1998), South Park: Bigger, Longer & Uncut (1999), en Team America: World Police (2004), en in die televisiereeks South Park (1997). Ook as medeskrywer vir The Book of Mormon (2011). Stone was geïnteresseerd in film en musiek as 'n kind, en het die Universiteit van Colorado na hoërskool bygewoon, waar hy Trey Parker ontmoet het. Hy is bekend as mede-stigter van South Park saam met Trey Parker.
Stone en Parker het verskuif na Los Angeles en skryf hul tweede film, Orgazmo (1997). Hulle het gewerk op 'n film getiteld South Park: Bigger, Longer & Uncut (1999), wat erkenning ontvang het van beide kritici en aanhangers. Saam met Parker, het hy ook verskeie rolprente en televisiereekse vervaardig, insluitend Team America: World Police (2004).