Matteo Messina Denaro | |
---|---|
![]() Foto op Messina Denaro se rybewys. | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | 26 April 1962 |
Sterf | 25 September 2023 |
Matteo Messina Denaro ( 26 April 1962 - 25 September 2023[1]), ook bekend as "Diabolik", was ’n baas van die Sisiliaanse Mafia. Hy het sy bynaam gekry van die Italiaanse strokieskarakter met dieselfde naam. Hy word beskou as een van die nuwe leiers van Cosa Nostra ná die inhegtenisneming van Bernardo Provenzano op 11 April 2006 en van Salvatore Lo Piccolo in November 2007. Messina Denaro het 12 April 2001 nasionaal bekend geword toe die tydskrif L'Espresso hom op hul voorblad plaas met die opskrif "Hier is die nuwe Mafiabaas". Hy is sedert 1993 voortvlugtig en is volgens Forbes onder die 10 mees gesoekte misdadigers in die wêreld.[2][3] Met die dood van Provenzano in 2016 en Salvatore Riina in 2017 word Messina Denaro beskou as die onbetwiste capo di tutti capi ("baas van base") in die Italiaanse Mafia.