Maud van Wallis

Maud van Wallis.

Maud van Wallis (gebore as Maud Charlotte Mary Victoria; 26 November 1869 – 20 November 1938) was koningin van Noorweë as die vrou van koning Haakon VII. Sy was die jongste dogter van koning Edward VII van die Verenigde Koninkryk en sy vrou, prinses Alexandra van Denemarke.

Maud was die eerste koningin van Noorweë in langer as vyf eeue wat nie ook koningin van Denemarke of Swede was nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne