Max Euwe | |
Max Euwe in 1956
| |
Naam | Machgielis Euwe |
---|---|
Alias | Max Euwe |
Geboorte | Amsterdam, Nederland | 20 Mei 1901
Sterfte | 26 November 1981 (op 80) Amsterdam, Nederland |
Nasionaliteit(e) | Nederland |
Titel | Grootmeester (1950) |
FIDE rang | 2769 (Januarie 1936) [histories] |
Beste gradering | 2530 (Mei 1974) |
Wêreldkampioen | 1935–37 |
Machgielis (Max) Euwe (Amsterdam, 20 Mei 1901 – Amsterdam, 26 November 1981) was 'n Nederlandse skaakspeler en wiskundeonderwyser. Hy was wêreldkampioen van 1935 tot 1937. Van ongeveer 1920 tot in die jare vyftig was hy die sterkste Nederlandse skaakspeler.
Max Euwe het homself besonder verdienstelik gemaak vir die skaaksport en was president van FIDE tydens die wedstryd tussen Spassky en Fischer. Tewens, hy was 'n bekende skaakskrywer: hy skryf talle teksboeke, waaronder die internasionaal bekende Teorie van Schaakopeningen en die Losbladige schaakberichten. Hy word geroem om sy toepassing van wiskundige insigte en logika in skaak. Hy het daarin geslaag om staande te bly in komplekse stellings waarin hy die beste taktiek akkuraat kon uitlê. Euwe word deur sommige gesien as die swakste wêreldkampioen, omdat hy die wedstryd om die Wêreldbeker teen Aleksandr Aljechin net-net gewen met 'n halwe punt verskil en 2 jaar later die titel verloor het na 'n groot nederlaag, en in die toernooi van 1948 laaste geëindig het. Ander, soos Hans Ree,[1] Cecil Purdy en Reuben Fine is van mening dat Euwe ernstig onderskat word.[2]