Max Verstappen

Max Verstappen
Verstappen tydens die 2024 Nederlandse Grand Prix
Verstappen tydens die 2024 Nederlandse Grand Prix
Geboortedatum 30 September 1997 (1997-09-30) (27 jaar oud)
Geboorteplek Hasselt, België
Volle naam Max Emilian Verstappen
Nasionaliteit Vlag van Nederland Nederlander
Ou span(ne) Toro Rosso (2015–2016)
Span in 2024 Red Bull Racing-Honda RBPT
Span in 2025 Red Bull Racing-Honda RBPT
Motornommer 1
Inskrywings 209 (209 begin)
Kampioenskappe 4 (2021–2024)
Oorwinnings 63
Podiums 112
Loopbaanpunte 3023.5
Voorste wegspronge 40
Vinnigste rondtes 33
Eerste F1-wedren 2015 Australiese Grand Prix
Eerste wen 2016 Spaanse Grand Prix
Laaste wen 2024 Katarse Grand Prix
Laaste inskrywing 2024 Aboe Dhabi Grand Prix
Laaste seisoen 2024
Verlede jaar plek 1ste (437 punte)
Handtekening
Verstappen in die 2018 Oostenrykse Grand Prix

Max Verstappen (gebore 30 September 1997) is 'n Belgies-Nederlandse professionele motorrenjaer[1][2] wat vir die Red Bull-span in Formule Een Grands Prix jaag. Hy is die seun van oud-Formule 1-renjaer Jos Verstappen.

In 2021 is hy as wêreldkampioen gekroon nadat hy 10 wedrenne, twee meer as die heersende kampioen, Lewis Hamilton, gewen het. Hy het in 2022 en ook in 2023 skoonskip gemaak en is saam met sy span, Red Bull Racing, weer as kampioene gekroon. In 2024 is hy vir die vierde jaar as kampioen gekroon, maar Red Bull het hierdie jaar hul voorste plek aan McLaren afgestaan.

  1. "Jos Verstappen over de nationaliteit van Max". f1today.net. 10 April 2015. Besoek op 15 Desember 2020.
  2. GPfans.com. "Dit is waarom Max Verstappen niet onder de Belgische vlag rijdt" (in Nederlands). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2020. Besoek op 2 November 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne