Maya Angelou | |
---|---|
Angelou op 4 Februarie, 2013 | |
Gebore | Marguerite Annie Johnson 4 April 1928 |
Sterf | 28 Mei 2014 (op 86) |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep | Skrywer, digter, burgerregte-aktivis |
Eggenoot | Tosh Angelos (trou 1951; skei 1954) Paul du Feu (trou 1974; skei 1983) |
Kinders | Guy Johnson |
Handtekening | |
Marguerite Annie Johnson (beter bekend as Maya Angelou; 4 April 1928, St. Louis, Missouri – 28 Mei 2014, Winston-Salem, Noord-Carolina) was 'n Amerikaanse memoireskrywer, digter en burgerregte-aktivis. Sy het sewe outobiografieë en verskeie essayboeke en poësieboeke gepubliseer. Sy word gekrediteer met 'n lys toneelstukke, flieks en televisieprogramme wat oor 'n tydperk van 50 jaar strek. Sy het tientalle toekennings en meer as 50 eregrade ontvang.[1]
Angelou se reeks van sewe outobiografieë fokus op haar kinderjare en vroeë volwasse ervarings. Sy het groot lof en internasionale erkenning vir haar eerste boek, haar outobiografie "I Know Why the Caged Bird Sings" (1969), ontvang wat oor haar lewe tot en met die ouderdom van 17 jaar handel. Sy was een van die eerste swart Amerikaanse vroue om 'n topverkoper te skryf.