F-15 Eagle | |
---|---|
Tipe | Taktiese lugsuperioriteit/vegter |
Vervaardiger | McDonnell Douglas |
Ontwerp deur | McDonnell Douglas |
Nooiensvlug | 27 Julie 1972 |
Vrygestel | 9 Januarie 1976 |
Status | In gebruik |
Hoofgebruiker | Amerikaanse Lugmag |
Vervaardig | 1972- |
Aantal gebou | 1198 |
Eenheidskoste | VS$ 28 miljoen (1998) |
McDonnell Douglas F-15 Eagle is 'n Amerikaanse dubbelmotorige taktiese vegvliegtuig wat in alle weersomstandighede kan funksioneer. Dit is spesiaal deur McDonnell Douglas (nou Boeing) ontwerp om lugoorheersing te verkry en te behou, en om luggevegte uit te voer. Dit is een van die suksesvolste moderne vegters, met meer as 100 luggevegoorwinnings. Nadat die voorstelle wat in 1967 ingedien is hersien is, het die Amerikaanse Lugmag McDonnell Douglas se ontwerpvoorstel aanvaar vir 'n toegewyde lugsuperioriteitsvegter. Die Eagle se nooiensvlug was in Julie 1972, en is in aktiewe diens sedert 1976.