Datum van stigting of ontstaan | 1821 |
---|---|
Inheemse etiket | McGill University |
Affiliasie | Morrin College |
Vernoem na | James McGill |
Stigter | James McGill |
Rektor | Deep Saini |
Motto | Latyn |
Motto teks | Grandescunt Aucta Labore |
Land | Kanada |
Geleë in administratiewe eenheid | Montreal |
Geografiese ligging | 45°30′15″N 73°34′29″W |
Eienaar van | Percival Molson Memorial Stadium, McConnell Arena, McGill Executive Institute |
Vennootskap met | Mila |
Ligging van hoofkantoor | Montreal |
Voertaal | Engels, Frans |
Amptelike webwerf | https://www.mcgill.ca/ |
Official map URL | https://www.mcgill.ca/campusplanning/maps, https://maps.mcgill.ca/ |
Atletiekprogram | McGill Redbirds and Martlets, McGill Martlets |
API endpoint URL | https://shibboleth.mcgill.ca/idp/shibboleth |
McGill Universiteit (Frans: Université McGill) is 'n openbare navorsingsuniversiteit geleë in Montreal, Quebec, Kanada. Dit was gestig in 1821 by wyse van 'n Koninklike traktaat, welke toegestaan is deur George IV van die Verenigde Koninkryk.[1]Die universiteit dra die naam van James McGill, 'n handelaar van Montreal wat oorspronklik van Skotland gekom het, en wie se erflating in 1813 die universiteit se voorloper, McGill College, gevorm het.
McGill Universiteit se hoofkampus is geleë in Mount Royal in die middedorp van Montreal, met die tweede kampus wat geleë is in Sainte-Anne-de-Bellevue, welke ook geleë is op Montreal Eiland, 30 kilometers wes van die hoofkampus. Die universiteit is een van twee universiteit buite die Verenigde State van Amerika wat lede is van die Assosiasie van Amerikaanse Universiteite[2], en dit is die enigste Kanadese lid van die "Global University Leaders Forum" (GULF) binne die Wêreld Ekonomiese Forum.[3]
McGill Universiteit bied grade en diplomas aan in meer as 300 studievelde, met die hoogste gemiddelde toelatings vereistes van enige Kanadese universiteit. Die meeste studente is ingeskryf in die vyf grootste fakulteite, naamlik Kunste, Wetenskapstudies, Gesondheidswetenskappe, Ingenieurswese en Besigheidsbestuurkunde.[4]
12 van McGill Universiteit se alumni het die Nobelprys gewen, terwyl 145 "Rhodes Scholars" is, beide die meeste wat toegeken is aan die alumni van enige universiteit in Kanada.[5][6]. Die universiteit se alumni sluit ook in 5 ruimtevaarders[7], die huidige Eerste Minister, en 2 voormalige eerste ministers van Kanada, die huidige Goewerneur-Generaal van Kanada, 14 Regters van Die Kanadese Hooggeregshof[8], ten minste 8 buitelandse leiers[9], 28 buitelandse ambassadeurs, meer as agt dosyn lede van die Kanadese Parlement, Verenigde State van Amerika Kongres, Britse Parlement, en ander nasionale wetgewers[10], verskeie miljardêrs[11], 9 Oscar wenners, 11 Grammy wenners, 4 wenners van die Pulitzerprys,[12][13] 2 Presidensiële Vryheidsmedalje wenners[14], ten minste 16 Emmy Award wenners[15][16], en 28 Olimpiese medaljewenners van verskeie nasionaliteite.
Alumni van McGill Universiteit was instrumenteel daarin om Amerikaanse voetbal, basketbal en yshokkie uit te vind of ten minste te organiseer.[17] McGill Universiteit of sy alumni het ook verskeie gesiene universiteite en kolleges gestig, insluitende die Universiteite van Brits-Columbië, Victoria, Brits-Columbië, en Alberta, die Schulich Skool van Medisyne en Tandheelkunde, die Johns Hopkins Universiteit Skool van Medisyne, en Dawson Kollege. McGill Universiteit is veral bekend vir sy bydrae tot die Geneeskunde en die gesondheidswetenskappe.