Medowoecha | ||
![]() | ||
'n Skildery deur Konstantin Makofski met medowoecha. | ||
Soort gereg | Drankie | |
Land | Slawiese lande | |
Hoofbestanddeel | Heuning | |
Soortgelyke geregte | Heuningbier |
Medowoecha (Russies: медову́ха, Oekraïns: меду́ха, medoecha, Belarussies: мяду́ха/медаву́ха, mjadoecha/medawoecha) is 'n Slawiese heuninggebaseerde alkoholiese drankie soortgelyk aan heuningbier, maar dit gis vir 'n korter tyd (sowat 'n maand). Die woord dateer uit die Proto-Indo-Europese *médʰu ("heuning").
In Oos-Europa is die drankie sedert heidense dae bekend en was dit tot in die 19de eeu gewild, anders as in Wes-Europa, waar heuningbier teen die Middeleeue reeds deur hoofsaaklik bier en wyn vervang is.