Meghan | |
---|---|
Hertogin van Sussex | |
![]() | |
Geboortenaam | Rachel Meghan Markle |
Eggenoot | Prins Harry, Hertog van Sussex |
Titels | Meghan, Hertogin van Sussex HKH die Hertogin van Sussex |
Huis | Windsor |
Gebore | 4 Augustus 1981 Los Angeles, Kalifornië, VSA | ,
Vader | Thomas Markle |
Moeder | Doria Ragland |
Kinder(s) | Archie Mountbatten-Windsor Lilibet Mountbatten-Windsor |
Beroep | Voormalige aktrise |
Meghan, Hertogin van Sussex (gebore Rachel Meghan Markle; 4 Augustus 1981) is 'n voormalige Amerikaanse aktrise en tans lid van die Britse koninklike familie.
Markle is in Los Angeles, Kalifornië, gebore. Nadat sy in 2003 'n graad in teater en internasionale studie aan die Northwestern-universiteit behaal het, het sy klein rolle in verskillende Amerikaanse televisiereekse vertolk. Van 2011 to 2017 was sy die karakter Rachel Zane in die regsdramareeks Suits. Sy het ook byspelerrolle vertolk in onder meer die rolprente Remember Me (2010) en Horrible Bosses (2011).
In 2017 is sy verloof aan prins Harry, Hertog van Sussex, en het aangekondig dat sy uittree uit die vermaakbedryf. Met haar huwelik met prins Harry op 19 Mei 2018 het sy die titel Haar Koninklike Hoogheid die Hertogin van Sussex aangeneem.