Mehetia Inheemse naam: Meheti'a | |
---|---|
’n Nasa-foto van Mehetia. | |
Geografie
| |
Ligging | Stille Oseaan |
Koördinate | 17°52′S 148°4′W / 17.867°S 148.067°W |
Argipel | Geselskapseilande
|
Hoogste punt | 435 m |
Administrasie | |
Sien teks. | |
Oorsese gebied | Frans-Polinesië
|
Demografie | |
Bevolking | Onbewoon
|
Mehetia is ’n vulkaaneiland in die Bowindse Eilande in die ooste van die Geselskapseilande van Frans-Polinesië. Die eiland is ’n baie jong, aktiewe stratovulkaan 110 km oos van die Taiarapu-skiereiland van Tahiti.
Dit is 2,3 km2 groot en is op sy hoogste punt 435 m. Dit was in 1981 die middelpunt van aardbewings.