Mejuffrou Groot Internasionaal

Mejuffrou Groot Internasionaal
(en) Miss Grand International
Algemene inligting
SinoniemeMGI
TipeBeperkte aanspreeklikheidsmaatskappy
Leuse(en) Stop the wars and violence
Geskiedenis
Gestig6 November 2013; 11 jaar gelede (2013-11-06)
StigterVlag van Thailand Nawat Itsaragrisil
Bestuur
PresidentVlag van Thailand Nawat Itsaragrisil
VisepresidentVlag van Thailand Teresa Chaivisut
Miss Grand internationalVlag van Indië Rachel Gupta (2024)
Operasionele gebiedWêreldwyd
HoofkantoorVlag van Thailand Bangkok, Thailand
LedeMeer as 70 lande
Verwante organisasie
EienaarMiss Grand International Co, Ltd.
Sub-organisasieMiss Grand Thailand
Aanlynmedia
Amptelike webwerfMissGrandInternational.com
   
Mejuffrou Groot Internasionaal 2020

Mejuffrou Groot Internasionaal (Engels: Miss Grand International), gewoonlik as MGI geskryf, is die titel van die wenner van 'n internasionale skoonheidskompetisie vir ongetroude dames, Dit is die eerste keer in 2013 in Thailand gehou. Die funksie van die Mej. Groot Internasionaal-wenner is om die leuse van die kompetisie, "Stop die oorloë en geweld", uit te leef deur bewustheid te skep.

Die eerste Mej. Groot Internasionaal was Janelee Chaparro van Puerto Rico. Mej. Groot Internasionaal-wenners is ook verantwoordelik vir bemarkings- en gemeenskapswerk.[1][2]

Die huidige Mej. Groot Internasionaal is op Saterdag 4 Desember 2021 in Bangkok, Thailand gekroon. Nguyễn Thúc Thùy Tiên van Viëtnam het tydens die 9de Mej. Groot Internasionaal-kompetisie met die kroon weggestap. Andrea Aguilera van Ecuador is aangewys as eerste prinses en Lorena Rodrigues van Brasilië as tweede prinses.[3]

In 2019 het Belindé Schreuder (23), van Centurion in die Gautengprovinsie, Suid-Afrika verteenwoordig en deurgedring tot die top-20. Deelnemers van 60 lande het aan die kompetisie deelgeneem.[4]

  1. Voltaire E. Tayag (21 Oktober 2017). "Miss Grand International: A Pageant for Peace". The Rappler (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Julie 2018. Besoek op 11 November 2019.
  2. Alexa Villano (23 Oktober 2019). "What you need to know about the Miss Grand International pageant". The Rappler (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2019. Besoek op 11 November 2019.
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named abena
  4. Graye Morkel (30 Oktober 2019). "Belindé Bella Schreuder returns home after Miss Grand International journey comes to an end in Venezuela" (in Engels). Channel24.co.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2020. Besoek op 30 Mei 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne