Melville | |
---|---|
![]() | |
Koördinate: 26°10′33″S 28°0′32″O / 26.17583°S 28.00889°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Hoofplek | Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,72 km2 (0,66 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 355 |
• Digtheid | 1 951/km2 (5 050/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 55,6% |
• Indiërs/Asiërs | 5,2% |
• Bruin mense | 3,2% |
• Swart mense | 33,4% |
• Ander | 2,7% |
Taal (2011) | |
• Engels | 50,5% |
• Afrikaans | 22,7% |
• Zoeloe | 6,5% |
• Tswana | 4,5% |
• Ander | 15,8% |
Poskode (strate) | 4449 |
Poskode (posbusse) | 4450 |
Melville is 'n boheemse voorstad sowat 5 km wes van Johannesburg se middestad waar sommige van die Goudstad se gewildste kuierplekke geleë is. Melville se kroeë en restaurante lok veral studente van die Universiteit van Johannesburg se nabygeleë Aucklandparkkampus asook studente van die Universiteit van die Witwatersrand in naburige Braamfontein.
In teenstelling met die meeste ander noordelike voorstede is Melville saam met Parkhurst en Greenside een van min plekke waar koffiehuise, restaurante en winkels langs strate geleë en nie tot winkelsentrums beperk is nie. Sy besondere atmosfeer en sy ligging naby die historiese voorstad Sophiatown maak van Melville ook 'n toeristetrekpleister. Die Melvillekoppies, golwende heuwels temidde van 'n grasveld in die gelyknamige natuurreservaat, is nie net 'n belangrike opgrawingsplek nie, maar bied ook 'n goeie uitsig oor Johannesburg.