Memory Stick is 'n verwyderbare flitsgeheuekaartformaat wat in Oktober 1998 deur Sony vrygestel is.[1] Die naam word in die algemeen ook gebruik om die hele familie van geheuestokkies (in Engels) te beskryf.
Bykomend tot die oorspronklike Memory Stick, sluit hierdie familie die Memory Stick PRO in, 'n hersiening wat groter maksimum stoorkapasiteit en vinniger lêeroordragsnelhede bied; Memory Stick Duo, 'n kleinvormfaktorweergawe van die Memory Stick (insluitend die PRO Duo); en die nog kleiner Memory Stick Micro (M2). In Desember 2006 het Sony die Memory Stick PRO-HG bygevoeg, 'n hoëspoedvariant van die PRO om gebruik te word in hoë-definisievideo en stilkameras. Memory Stick-kaarte kan gebruik word in Sony PSP en Sony XDCAM EX videokameras via die MEAD-SD01 passtuk.[2] SanDisk en Lexar is van min derdepartyvervaardigers van Memory Stick. Kingston bied 'n universele microSD na Memory Stick Pro Duo-passtuk aan, maar dit is nie-amptelik.