Menelik I

Menelik I
Keiser van Ethiopië
Dinastie Huis van Salomo
Bewind 10de eeu v.C.
Voorganger Geen
Vader Koning Salomo
Moeder Koningin van Skeba

Menelik I (Ge'ez: ምኒልክ Mənilək) was die eerste keiser van Ethiopië van die Salomoniese Dinastie. Volgens die Kebra Nagast, ’n 14de-eeuse geskrif, het hy in die 10de eeu v.C. Ethiopië se Huis van Salomo gestig – dit is so genoem omdat Menelik glo die seun was van die Bybelse koning Salomo en Makeda, die Ethiopiese koningin van Skeba.[1][2]

  1. Marrassini, Paolo. 2007. "Kəbrä Nägäśt." In Encyclopaedia Aethiopica: He-N: Vol. 3, red. Siegbert Uhlig, 364-368. Wiesbaden: Harrassowitz.
  2. Fiaccadori, Gianfranco. 2007. "Mənilək I." In Encyclopaedia Aethiopica: He-N: Vol. 3, red. Siegbert Uhlig, 921-922. Wiesbaden: Harrassowitz.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne