![]() | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes-Benz |
Ook genoem | Mercedes-Benz ML-klas[1] Mercedes-Benz GLE-klas (vanaf 2015) |
Produksie | 1997- |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Luukse oorkruis SNV |
Bakstyl | 5-deur sportnutsvoertuig |
Uitleg | Voorenjin, vierwielaangedrewe |
Plek in geskiedenis | |
Variante | Mercedes-Benz CLS-klas |
Die Mercedes-Benz M-klas (of ML-klas) is 'n mediumgrootte luukse oorkruis SNV wat sedert 1997 deur die Duitse motorvervaardiger Mercedes-Benz vervaardig word in verskeie enjinkonfigurasies. Die M-klas het stelselmatig 'n verkoopsukses in die Verenigde State en Meksiko geword. In terme van grootte, pas dit in tussen die kleiner GLK-klas (gebaseer op die C-klas) en die groter GL-klas waarmee dit platforms deel.
Vir 'n kort rukkie tussen 1999 en 2002 is die M-klas ook deur Magna Steyr in Graz, Oostenryk vir die Europese mark gebou, voor al die produksie verskuif is na die VSA-aanleg naby Vance, Alabama. Vanaf die einde van 2012 word die M-klas ook by die nuwe aanlegte in Pune (Indië) en Wanaherang (Indonesië) gemonteer.
Hoewel die nutsvoertuig sedert sy bekendstelling onder die M-klas vaandel gegroepeer was, het BMW, wat die M3 model gehad het, beswaar gemaak teen die motor se "M"-kenteken met die driesyfer-enjinvlak daarna (bv. M320). Dit het Mercedes-Benz gedwing om 'n dubbelletter bemarkingstrategie te volg, vandaar die "ML" kenteken (bv. ML320) onder 'n M-klas sambreel.