W124 is Mercedes-Benz se interne onderstelbenaming vir die 1984/85 tot 1995/96 weergawe van die Mercedes-Benz E-klas, sowel as die eerste generasie wat amptelik na as die E-klas verwys is. Die W124-model het die W123-model ná 1985 vervang en is ná 1995 deur die W210 E-klas opgevolg.
In Noord-Amerika is die W124 begin November 1985 as 'n 1986-model bekendgestel en dit is tot op 7 November 1995 verkoop.
Reeksproduksie het in November 1984 begin, met die personthulling wat op Maandag 26 November 1984 in Sevilla, Spanje, plaasgevind het. Kliënte-aflewerings en die bekendstelling op Europese markte het in Januarie 1985 begin.
↑Mazur, Eligiusz, red. (2006). World of Cars 2006·2007. Warsaw, Poland: Media Connection Sp. z o.o. p. 226. ISSN1734-2945.