![]() | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes-Benz |
Konfigurasie | inlynviersilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 1597 cc of 1796 cc |
Boorwydte | 82 mm |
Slaglengte | 75,6 mm of 85 mm |
Blok | gegote aluminium |
Kopstuk | Aluminium |
Stelsels | |
Klepwerking | DOHC multiklep met veranderlike kleptydreëling |
Brandstoftipe | Petrol |
Superaanjaer | In sommige, asook tussenverkoel |
Turboaanjaer | In DE18LA (M271Evo, 271.8XX) |
Brandstofstelsel | sekwensiële direkte inspuiting |
Verkoelingstelsel | Waterverkoeling onder druk |
Enjinlewering | |
Kraglewering | 90–150 kW (120–201 pk) |
Die Mercedes-Benz M271-enjin is 'n inlynviersilinder-suierenjin in die Mercedes-Benz-enjinfamilie wat in die 2000-dekade gebruik is.
Al die M271-enjins word in Untertürkheim, Duitsland gebou. Die familie bestaan uit 'n enjinblok van gegote aluminium en DOHC-silinderkoppe van aluminium met 4 kleppe per silinder en veranderlike kleptydreëling en 'n ontstekingstelsel met 'n hoogspanningsklos bo-op elke vonkprop.