![]() 4-deur Mercedes-Benz 170 V | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes-Benz |
Produksie | 1935–1942: 75 006 eenhede 1947–1955: 83 190 eenhede |
Montering | ![]() ![]() |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Middelgrootte motor (D-segment) |
Bakstyl | 4-deur sedan 4-deur Cabrio-Limousine 2-deur 2 & 4 sitplek cabriolet 2-deur roadster 2-deur bakkie 4-deur waentjie |
Uitleg | Voorenjin, agterwielaandrywing |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | |
Lengte | 4 270 mm[1] |
Breedte | 1570 mm; 1630 mm (vanaf 1950) |
Asafstand | 2 845 mm |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Mercedes-Benz W15 |
Opvolger | Mercedes-Benz W120/W121 |
Die Mercedes-Benz W136 was Mercedes-Benz se reeks Inlynviersilinder-motors in die middel van die 1930's tot die vyftigerjare op die mark was. Die model 170 V het in Februarie 1936 sy openbare debuut gemaak as opvolger van die W15 Typ 170. Tusssen 1936 en 1939 was dit Mercedes se topverkopermodel.[2][3]
Tussen 1936 en 1942 is meer as 75 000 gebou[2] wat dit tot op daardie stadium die gewildste Mercedes-Benz-model gemaak het.
Genoeg van die fabrieksgereedskap van die W136 het die geallieerde bomaanval gedurende die Tweede Wêreldoorlog oorleef (of kon na die oorlog herskep word) om as basis te dien waarop die Mercedes-onderneming herbou is. Teen 1947 hervat die 170 V-model sy plek as Mercedes se topverkoper, 'n posisie wat dit tot 1953 beklee het.[2]
Die "V" in die naam van die 170 V was 'n afkorting van "Vorn" (voor), wat bygevoeg is om dit te onderskei van die kontemporêre agterenjin Mercedes-Benz 170H (W28) ("H" vir "Heck", agter) wat dieselfde viersilinder 1697cc-enjin gebruik het, maar wat agter in die motor geplaas was.