Die Mercedes AMG Petronas Formule Een-span (voorheen Mercedes Grand Prix) is 'n Duits-Britse Formule Een-motorrenspan wat by Brackley, Northamptonshire, in Engeland gebaseer is. Hulle neem aan die Formule Een wêreldkampioenskap deel en maak ook gebruik van Mercedes F1-enjins in hulle renmotors.
Die span se renjaers vir die 2014 tot 2016 Formule Een-seisoene was die Brit Lewis Hamilton en die Duitser Nico Rosberg. In 2017 het die Finse renjaer Valtteri Bottas die 2016-wêreldkampioen Rosberg, wie uitgetree het, in die span vervang.
Die jong jaer George Russell het in 2022 by die Mercedes-fabriekspan aangesluit nadat Bottas na Alfa Romeo verskuif het.
In 2025 sal die jong Kimi Antonelli by Mercedes aansluit wanneer Lewis Hamilton Carlos Sainz jr. by Ferrari vervang.