![]() Nico Rosberg in die F1 W06 Hybrid | |
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes AMG Petronas F1-span |
Produksie | 2015 |
Montering | ![]() |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Formule Een |
Uitleg | Oopwiel, agterwieldryf |
Platform | 1.6 Liter V6 Turbo |
Spesifikasies | |
Enjin(s) | Mercedes-Benz PU106B Hybrid |
Lengte | 5000 mm |
Breedte | 1800 mm |
Hoogte | 950 mm |
Massa | 702 kg insl. bestuurder |
Die Mercedes F1 W06 Hybrid was die Formule Een renmotors van die Mercedes AMG Petronas F1-span vir die Formule Eenwêreldkampioenskap in 2015. Dit was die sewende Mercedes Formule Eenmotor. Die motor is op 1 Februarie 2015 by die Jerez-renbaan bekendgestel. Die eerste foto's van die motor is reeds op 29 Januarie 2015 vrygestel na 'n paar rondtes voltooi is as deel van 'n fotodag by Silverstone.