Messerschmitt Bf 109 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Messerschmitt |
Nooiensvlug | 29 Mei 1935 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Luftwaffe |
Aantal gebou | 33 984 |
Die Messerschmitt Bf 109 was 'n eenmotorige vegvliegtuig wat deur die Luftwaffe gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig het sy nooiensvlug onderneem op 29 Mei 1935. Dit is die bekendste van al die Duitse vegvliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog. Dit was 'n dekade na die oorlog nog steeds vervaardig. Die eerste prototipe was aangedryf deur 'n Rolls-Royce Kestrel motor. Die ontwerp is beïnvloed deur die Messerschmitt Bf 108 viersitplekvliegtuig.