Messier 100 | ||||
![]() | ||||
Messier 100 met sy komplekse spiraalarms. (Bron: ESO/VLT) | ||||
Soort stelsel | Spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Berenike se Hare | |||
Tipe | SAB(s)bc | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h 22m 54,9s | |||
Deklinasie | +15º 19' 21" | |||
Skynmagnitude | 10,1 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 55 miljoen | |||
Skynbare grootte | 7′,4 × 6′,3 | |||
Rooiverskuiwing | 5,240 x 10−6 | |||
Kenmerke | Steruitbarstingstelsel | |||
Ander name | NGC 4321 | |||
|
Messier 100 of M100 (ook bekend as NGC 4321) is ’n spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Berenike se Hare. Dit is in 1781 deur Pierre Méchain ontdek saam met die Messier-voorwerpe M98 en M99, en Charles Messier het dit in dieselfde jaar in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
Dit is een van die grootste en helderste sterrestelsels in die Virgo-sterrestelselswerm. Dit is sowat 55 miljoen ligjare van die Aarde af[1] en het ’n deursnee van 160 000 ligjare. Dit was een van die eerste spiraalstelsels wat ontdek is.[2]