Messier 71 | ||||
![]() | ||||
Messier 71 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky) | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Pyl | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h 53m 46,49s | |||
Deklinasie | +18º 46' 45,1" | |||
Skynmagnitude | 6,1 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 13 000 | |||
Skynbare grootte | 7 boogminute | |||
Massa | 1,7 × 104 M☉ | |||
Ander name | M71, NGC 6838, GCl 115 | |||
|
Messier 71 of M71 (ook bekend as NGC 6838) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Pyl. Dit is in 1746 deur Philippe Loys de Chéseaux ontdek en deur Charles Messier in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
M71 is 12 000 ligjare van die Aarde af en het ’n deursnee van sowat 27 ligjare. Die veranderlike ster Z Sagittae is in dié swerm. Daar is lank (tot in die 1970's) geglo dat dit ’n digte oop swerm is, onder meer vanweë sy metaalrykheid, en is as sodanig deur sterrekundiges geklassifiseer. Danksy moderne fotometrie is egter vasgestel dat dit oor die eienskappe van ’n bolswerm beskik. Die relatiewe jong sterre verklaar ook die teenwoordigheid van baie metale. M71 het ’n helderheid van sowat 13 200 Sonne.