Messier 75 | ||||
Soort stelsel | Bolswerm | |||
Sterrebeeld | Boogskutter | |||
Tipe | Klas I | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 20h 06m 04,75s[1] | |||
Skynmagnitude | 9,18 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 67 500 | |||
Skynbare grootte | 6,8 boogminute | |||
Ander name | M75, NGC 6864, GCl 116 | |||
|
Messier 75 of M75 (ook bekend as NGC 6864) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Boogskutter. Dit is in 1780 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit in dieselfde jaar in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
M75 is sowat 67 500 ligjare van die Aarde af en sy skynbare deursnee is sowat 67 ligjare. Dit word as klas I geklassifiseer, wat beteken dit is een van die digste bekende bolvormige sterreswerms. Die absolute magnitude is sowat −8,5, of 180 000 keer dié van die Son.