Messier 13 | |
---|---|
![]() Die kern van Messier 13 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.
(Bron: ESA/Hubble en Nasa) | |
Soort | Bolswerm |
Sterrebeeld | Hercules |
Regte klimming | 16h 41m 41,21s |
Deklinasie | +36º 27' 35,5" |
Afstand | 22 200 ligjare (6 800 parsek) |
Skynbare magnitude | 5,8 mag |
Skynbare grootte (v) | 20 boogminute |
Radius | 84 ligjare |
Ander name | NGC 6205, Groot Bolvormige Sterreswerm in Hercules |
Messier 13 of M13 (ook bekend as NGC 6205 of die Groot Bolvormige Sterreswerm in Hercules) is ’n bolswerm van sowat 300 000 sterre in die sterrebeeld Hercules. Dit is in 1714 deur Edmond Halley ontdek en in 1764 deur Charles Messier in sy Messier-katalogus opgeneem.
Met ’n skynbare magnitude van 5,8 is dit op ’n donker nag skaars met die blote oog sigbaar. Dit het ’n deursnee van sowat 145 ligjare. Die helderste ster in die swerm, wat sowat 25 100 ligjare van die Aarde af is, is die veranderlike ster V11 met ’n magnitude van 11,95.