Messier 49 | ||||
![]() | ||||
Soort stelsel | Elliptiese sterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Maagd | |||
Tipe | E4,[1] LINER[1] | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h 29m 46,7s | |||
Deklinasie | +08º 00' 02" | |||
Skynmagnitude | 9,4 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 10,2 miljoen | |||
Skynbare grootte | 10,2 × 8,3 boogminute | |||
Rooiverskuiwing | 0,003326 ± 0,000022 | |||
Ander name | NGC 4472, UGC 7629, PGC 41220, Arp 134[1] | |||
|
Messier 49 of M49 (ook bekend as onder meer NGC 4472) is ’n elliptiese sterrestelsel sowat 49 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Maagd. Dit is op 19 Februarie 1771 deur Charles Messier ontdek en hy het dit in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.
As ’n elliptiese sterrestelsel het Messier 49 die vorm van ’n radiosein-intensiewe stelsel, maar dit het net die radio-emissies van ’n gewone sterrestelsel. Die kern straal X-strale uit wat dui op die teenwoordigheid van ’n supermassiewe swartkolk met ’n geraamde massa van 5,65 × 108 sonmassas, of 565 miljoen keer die massa van die Son.[2] Die enigste supernova wat nog in die stelsel gesien is, is SN 1969Q,[3] wat in Junie 1969 ontdek is.[4]
M49 het ’n groot versameling bolvormige sterreswerms – sowat 5 900. Dit is egter veel minder as die 13 450 bolswerms in die superreusagtige elliptiese sterrestelsel Messier 87. Die swerms in M49 is gemiddeld sowat 10 miljard jaar oud.[5]
M49 is die eerste lid van die Virgo-sterrestelselswerm wat ontdek is.[6] Dit is die helderste stelsel in die Virgo-swerm – helderder as enige stelsel nader aan die Aarde. Dit is in ’n swaartekrag-interaksie gewikkel met die onreëlmatige dwergstelsel UGC 7636.[7] Die dwerg toon ’n spoor van afval wat oor rofweg 1 × 5 boogminute strek.[8]
<ref>
tag; no text was provided for refs named ned
<ref>
tag; no text was provided for refs named apj555_1_L21
<ref>
tag; no text was provided for refs named nedsupernovae
<ref>
tag; no text was provided for refs named barbonetal1984
<ref>
tag; no text was provided for refs named apj592_2_866
<ref>
tag; no text was provided for refs named thompson2007
<ref>
tag; no text was provided for refs named apj471_683
<ref>
tag; no text was provided for refs named aj108_3_844