Messier 56

Messier 56
Messier 56 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky)
Messier 56 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky)
Soort stelsel Bolswerm
Sterrebeeld Lier
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 19h 16m 35,57s
Deklinasie +30º 11' 00,5"
Skynmagnitude 8,3
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 32 900 (10 100 parsek)
Skynbare grootte  8 boogminute
Massa 2,3 × 105 sonmassas
Ander name M56, NGC 6779, GCl 110, C 1914+300
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Messier 56 of M56 (ook bekend as NGC 6779) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Lier. Dit is op 19 Januarie 1779 deur Charles Messier ontdek en daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.

Die sterreswerm is omtrent in die middel van ’n denkbeeldige lyn tussen die sterre Albireo (β Cygni) en Sulafat (γ Lyrae). Dit is sowat 32 900 ligjare[1] van die Aarde af en rofweg 84 ligjare breed, met ’n massa van 230 000 sonmassas.[2] Dit is sowat 31 000 tot 32 000 ligjare van die Melkweg se middelpunt af.[3]

M56 het ’n geraamde ouderdom van 13,7 miljard jaar en volg ’n retrograde (omgekeerde) wentelbaan deur ons sterrestelsel. Die eienskappe van die swerm dui daarop dat dit in die Melkweg kon beland het ná ’n samesmelting met ’n dwergsterrestelsel, waarvan Omega Centauri die oorblywende kern is. Die swerm is arm aan wat sterrekundiges metale noem – elemente benewens waterstof en helium.[4]

Die helderste ster in M56 se magnitude is 13 en die swerm bevat net sowat ’n dosyn bekende veranderlike sterre.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named arXiv2118
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named apj742_1_51
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa450_1_105
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named mnras404_3_1203

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne