Messier 65 | ||||
![]() | ||||
Messier 65 soos afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. (Bron: Nasa/STScI/WikiSky) | ||||
Soort stelsel | Oorgang-spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Leeu | |||
Tipe | SAB(rs)a, LINER | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 11h 18m 55,9s | |||
Deklinasie | +13º 05' 32" | |||
Skynmagnitude | 10,25 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 35 miljoen | |||
Skynbare grootte | 8,71 × 2,45 boogminute | |||
Ander name | M65, NGC 3623, UGC 6328, PGC 34612, Arp 317 | |||
|
Messier 65 of M65 (ook bekend as NGC 3623) is ’n oorgang-spiraalsterrestelsel sowat 35 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Leeu. Dit is in 1780 deur Charles Messier ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem, hoewel Pierre Méchain soms die krediet daarvoor kry. Dit vorm saam met Messier 66 en NGC 3628 die bekende Leeu-drieling, ’n klein groep sterrestelsels.