Messier 74

Messier 74
Soort stelsel Spiraalsterrestelsel
Sterrebeeld Visse
Tipe SA(s)c
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 01h 36m 41,8s
Deklinasie +15º 47' 01"
Skynmagnitude 10
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 32 miljoen
Skynbare grootte  10,5 x 9,5 boogminute
Ander name M74, NGC 628, UGC 1149, PGC 5974
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Messier 74 of M74 (ook bekend as NGC 628) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 32 miljoen ligjare van die Aarde af[1] in die sterrebeeld Visse. Dit is in 1780 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit daarna in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.[2]

Die sterrestelsel het twee duidelik afgebakende spiraalarms. Die lae oppervlakhelderheid maak dit die moeilikste Messier-voorwerp vir amateur-sterrekykers om te sien.[3][2] M74 huisves na raming sowat 100 miljard sterre.[1]

  1. 1,0 1,1 "Astronomy Picture of the Day , M74: The Perfect Spiral" (in Engels). NASA. 6 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2020. Besoek op 7 April 2011. {{cite web}}: Onbekende parameter |month= geïgnoreer (hulp)
  2. 2,0 2,1 K. G. Jones (1991). Messier's Nebulae and Star Clusters (2nd uitg.). Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 0-521-37079-5.
  3. S. J. O'Meara (1998). The Messier Objects. Cambridge University Press. ISBN 0-521-55332-6.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne