Messier 92

Messier 92
Soort stelsel Bolswerm
Sterrebeeld Hercules
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 17h 17m 07,39s
Deklinasie +43º 08' 09,4"
Skynmagnitude 6,3
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 26 700
Skynbare grootte  14 boogminute
Massa 2 × 105 M
Ander name M92, NGC 6341, GCl 59
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Messier 92 of M92 (ook bekend as NGC 6341) is ’n bolvormige sterreswerm sowat 26 700 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Hercules. Dit is in 1777 deur Johann Elert Bode ontdek en twee jaar later in die Berliner Astronomisches Jahrbuch gepubliseer.[1] Charles Messier het die bolswerm in 1781 onafhanklik ontdek en in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem.[2]

M92 is een van die helderste bolswerms aan die noordelike hemelruim, maar word dikwels deur amateur-sterrekykers misgekyk vanweë sy nabyheid aan die selfs skouspelagtiger Messier 13. Dit is in goeie sigtoestande met die blote oog sigbaar.[3]

Van die bolswerms in die Melkweg is M92 een van die helderstes wat betref absolute magnitude. Dit is ook een van die oudstes – sowat 14,2 ± 1,2 miljard jaar, rofweg so oud soos die heelal.[4] Dit lyk effens plat, met die kortas wat sowat 89% ± 3% so lank soos die hoofas is.[5] Nes die meeste ander bolswerms het M92 baie min elemente benewens waterstof en helium, dus elemente wat sterrekundiges metale noem.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named kanas2007
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named garfinckle1997
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named maa
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aj133_6_2787
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named apj721_2_1790

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne