Meteora

Meteora*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Ligging van Meteora op 'n kaart (Griekeland)
Meteora
Meteora
Posisie van Meteora in Griekeland
Koördinate: 39°42′51″N 21°37′52″O / 39.71417°N 21.63111°O / 39.71417; 21.63111
Lande Vlag van Griekeland Griekeland
Tipe Verskeie
Kriteria i, ii, iv, v, vii
Verwysings 455
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1988  (12de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Meteora (Grieks: Μετέωρα, letterlik "middel van die lug " of "in die lug hangend" – etimologies verwant aan "meteoriet") is naas Berg Athos die grootste en belangrikste kloosterkompleks van die Oosters-Ortodokse Kerk in Griekeland.[1] Daar was aanvanklik 24 kloosters wat op natuurlike sandsteen-rotspilare gebou is aan die noordwestekant van die Tessaliese Vlakte naby die Piniosrivier en Pindosgebergte in Tessalië, Sentraal-Griekeland. Die naaste nedersetting is Kalambaka. Van die oorspronklike kloosters word nog net ses bewoon. Die ander 18 is óf vervalle óf verwoes. Meteora is op Unesco se lys van Wêrelderfenisgebiede.[2]

  1. Sofianos, D.Z.: "Metéora". Holy Monastery of Great Meteoro, 1991.
  2. URL besoek op 25 Oktober 2013

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne