In wiskunde is ’n metriek of afstandsfunksie ’n funksie wat ’n afstand tussen elke paar elemente van ’n versameling definieer. ’n Versameling met ’n metriek word ’n metriese ruimte genoem. ’n Metriek bring ’n topologie in die versameling teweeg, maar nie alle topologieë kan deur ’n metriek geproduseer word nie. ’n Topologiese ruimte waarvan die topologie deur ’n metriek beskryf kan word, word ’n metriseerbare ruimte genoem.