MiG-35 | |
---|---|
Tipe | Lugsuperioriteitsvegter, meerdoelige vegter |
Vervaardiger | Mikojan |
Ontwerp deur | Mikojan |
Nooiensvlug | 2007 |
Vrygestel | 2018 (beplan)[1] |
Status | Vlieg-toets / pre-reeks produksie[2][3][4] |
Hoofgebruiker | Russiese Lugmag Egiptiese Lugmag |
Aantal gebou | 8 (6 toets en 2 series)[5] |
Ontwikkel van | Mikoyan MiG-29M |
Die Mikojan MiG-35 (Russies: Микоян МиГ-35, NAVO-verslagnaam: Fulcrum-F) is 'n Russiese vegvliegtuig wat 'n verdere ontwikkeling is van die MiG-29M/M2 en MiG-29K/KUB-vegters. Dit word geklassifiseer as 'n 4++ generasie vegvliegtuig deur Mikojan.[6] Die eerste prototipe was 'n wysiging van die vliegtuig wat voorheen gedien het as 'n MiG-29M2 demonstrasiemodel. In 2009 is tien prototipes gebou vir veldproewe.[7]
Die MiG-35 is die eerste keer amptelik deur die MiG-korporasie bekendgestel by die internasionale Aero India 2007-lugskou.[8] Die MiG-35 is amptelik onthul tydens die Russiese Minister van Verdediging, Sergej Iwanof, se besoek aan die Lukhovitsky masjienbouaanleg "MAPO-MIG".[9] Die enkelsitplekweergawe word aangedui as MiG-35 en die tweesitplekweergawe is die MiG-35D. Die vegter het aansienlik verbeterde avionika en wapenstelsels, veral die nuwe AESA-radar en die uniek-ontwerpte optiese opspoorstelsel (OLS), wat grondbeheerde onderskeppingstelsels oorbodig maak. Dit stel die vliegtuig ook in staat om onafhanklike multirolmissies uit te voer.