Michael VII Doukas | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
’n Bisantynse muntstuk met Michael VII op.
| |
Bewind | 22 Mei 1071 – 24 Maart 1078 |
Dinastie | Doukas |
Gebore | Omstreeks 1050 |
Oorlede | 1090 (op ~40) |
Voorganger | Romanos IV Diogenes |
Opvolger | Nikephoros III Botaneiates |
Medeheersers | Andronikos Doukas (1070's) Konstantios Doukas (1071-1078) Konstantyn Doukas (1074-1078) |
Vader | Konstantyn X Doukas |
Moeder | Eudokia Makrembolitissa |
Michael VII Doukas (Grieks: Μιχαήλ Ζ΄ Δούκας, Mikhaēl VII Doukas) was van 22 Mei 1071 tot 24 Maart 1078 keiser van die Bisantynse Ryk. Sy bynaam was Parapinakes (Grieks: Παραπινάκης, letterlik "minus ’n kwart"), met verwysing na die devaluasie van die Bisantynse geldeenheid onder sy bewind.