Michel Foucault | |
Michel Foucault in 1974
| |
Gebore | Poitiers, Frankryk | 15 Oktober 1926
---|---|
Oorlede | 25 Junie 1984 (op 57) Parys, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Vakgebied | Geskiedenis van idees, epistemologie, historiese epistemologie, etiek, politieke filosofie, filosofie van literatuur, filosofie van tegnologie |
Instelling(s) | École Normale Supérieure (1951–55)[1] Universiteit van Lille (1953–54) Uppsala Universiteit Universiteit van Warskou Institut Français Hamburg Universiteit van Clermont-Ferrand Tunis Universiteit Universiteit van Parys VIII Collège de France Universiteit van Buffalo Universiteit van Kalifornië, Berkeley Universiteit in New York |
Alma mater | École Normale Supérieure (1946–48: BA in Phil, 1948; MA in Phil, 1949)[1] Fondation Thiers (1951–52)[2] Sorbonne (BA in Psych, 1949;[1] Diploma in Psigopatologie, 1952; DrE, 1961) |
Bekend vir | Biopolitiek, dissiplinêre instelling, diskoersanalise, diskursiewe formasie, dispositif, épistème, "genealogie", regeer-, heterotopia, limiet-ervaring, mag-kennis, panoptimisme, subktivering (assujettissement) |
Beïnvloed deur | Louis Althusser, Antonin Artaud,[3] Gaston Bachelard, Roland Barthes, Georges Bataille,[4] Maurice Blanchot, Jorge Luis Borges, Georges Canguilhem, Georges Dumézil, Sigmund Freud, Erving Goffman, Georg Wilhelm Friedrich Hegel, Martin Heidegger, Jean Hyppolite, Immanuel Kant, Karl Marx, Maurice Merleau-Ponty, Friedrich Nietzsche, Markies de Sade |
Invloed op | Edward Said, Pierre Bourdieu, Gilles Deleuze, David Halperin, Hubert Dreyfus, Paul Rabinow, Jacques Rancière, Félix Guattari, Giorgio Agamben, Antonio Negri, Judith Butler, Ian Hacking, Talal Asad, Renata Salecl, Nikolas Rose, Jasbir Puar |
Michel Foucault (Poitiers, 15 Oktober 1926 – Parys, 25 Junie 1984) was 'n Franse filosoof, bekend weens sy politieke aktivisme in die jare '70 en '80 en sy analises van die politieke filosofie via begrippe soos dissiplinegemeenskap, bio-politiek en bio-mag. Foucault word soms naas Noam Chomsky as die belangrikste intellektueel van die twintigste eeu genoem. Hy word gereken as deel van die kontinentale filosofie, die strukturalisme en poststrukturalisme, hoewel hy homself nie in sodanige terme beskryf nie. Foucault se lesings trek oorvol sale. Hy sterf in 1984 aan verworwe immuniteitsgebreksindroom (vigs).