Michelle Bachelet | |
Michelle Bachelet in 2014 | |
President van Chili
| |
Ampstermyn 11 Maart 2014 – 11 Maart 2018 | |
Voorafgegaan deur | Sebastián Piñera |
---|---|
Opgevolg deur | Sebastián Piñera |
Ampstermyn 11 Maart 2006 – 11 Maart 2010 | |
Voorafgegaan deur | Ricardo Lagos |
Opgevolg deur | Sebastián Piñera |
Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Menseregte
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 1 September 2018 | |
Voorafgegaan deur | Zeid Raad Al Hussein |
Leier van die Nuwe Meerderheid
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 30 April 2013 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Uitvoerende direkteur van die VN se vroue
| |
Ampstermyn 14 September 2010 – 15 Maart 2013 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Lakshmi Puri (waarnemend) |
President pro tempore van die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies
| |
Ampstermyn 23 Mei 2008 – 10 Augustus 2009 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Rafael Correa |
Minister van Nasionale Verdediging
| |
Ampstermyn 7 Januarie 2002 – 1 Oktober 2004 | |
President | Ricardo Lagos |
Voorafgegaan deur | Mario Fernández |
Opgevolg deur | Jaime Ravinet |
Minister van Gesondheid
| |
Ampstermyn 11 Maart 2000 – 7 Januarie 2002 | |
President | Ricardo Lagos |
Voorafgegaan deur | Álex Figueroa |
Opgevolg deur | Osvaldo Artaza |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 21 September 1951 Santiago de Chile, Chili |
Politieke party | Sosialistiese Party Concertación (1988–2013) Nuwe Meerderheid (2013–hede) |
Eggenoot/-note | Jorge Leopoldo Dávalos Cartes (1979–1984; geskei) |
Kind(ers) | 3 |
Alma mater | Universiteit van Chili |
Religie | Geen (Agnostisisme) |
Handtekening |
Verónica Michelle Bachelet Jeria (Spaans: [βeˈɾonika miˈʃɛl baʃˈle ˈçeɾja]; gebore op 29 September 1951 in Santiago de Chile, Chili) is 'n Chileense sosialistiese politikus en die eerste vrou wat verkies is as die president van haar land. Sy het die presidentskap in 'n opvolgverkiesing gewen, en het teen die Chileense besigheidsman Sebastián Piñera meegeding as presidensiële kandidaat, sy het 'n voorlopige 53,5% van die stemme bekom. Haar eerste presidentskap is ingehuldig op 11 Maart 2006 en haar tweede op 11 Maart 2014. Bachelet het ook gedien as Minister van Gesondheid en Minister van Verdediging in die kabinet van haar voorganger, Ricardo Lagos. Op 10 Augustus 2018 is Bachelet benoem as die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Menseregte en het die ampstermyn op 1 September 2018 begin.
Bachelet is die moeder van drie kinders, sy en haar man is geskei. Sy praat naas haar moedertaal Spaans nog Engels, Duits, Portugees, Frans en 'n bietjie Russies.