Michelle McLean | |
---|---|
![]() | |
Gebore | Michelle McLean 31 Julie 1972 |
Beroep | Mannekyn en aktrise |
Eggenoot | Gary Bailey 2013 |
Webwerf | http://www.mmct.org.na/ |
Michelle McLean (gebore 31 Julie 1972 in Windhoek) is 'n Namibiese aktrise, mannekyn en Mejuffrou Heelal in 1992. Sy was 19 jaar oud toe sy Namibië verteenwoordig het en die eerste (en tot dusver enigste) vrou uit Namibië geword het om die kroon te dra. McLean is slegs die tweede vrou ná Ronel Liebenberg om Namibië as onafhanklike land te verteenwoordig.