Mick Schumacher | |
---|---|
Geboortedatum | 22 Maart 1999[1][2] |
Geboorteplek | Vufflens-le-Château, Switserland |
Nasionaliteit | Duitser |
Verwant aan | Michael Schumacher (vader) Ralf Schumacher (oom) |
Motornommer | 47 |
Inskrywings | 44 (43 begin) |
Kampioenskappe | 0 |
Oorwinnings | 0 |
Podiums | 0 |
Loopbaanpunte | 12 |
Voorste wegspronge | 0 |
Vinnigste rondtes | 0 |
Eerste F1-wedren | 2021 Bahreinse Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2022 Aboe Dhabi Grand Prix |
Laaste seisoen | 2022 |
Verlede jaar plek | 16de (12 punte) |
Mick Schumacher (Vufflens-le-Château, Switserland, 22 Maart 1999)[1][2] is 'n Duitse renjaer wat voorheen in die Formule Een-kampioenskapsreeks vir die Haas F1-span gejaag het en ook 'n lid is van die Ferrari Driver Academy. Hy begin sy loopbaan in knortjorre (karting) in 2008 en vorder tot die Duitse ADAC-formule 4 in 2015. Nadat hy die FIA F3 Europese kampioenskap in 2018 gewen het, het Schumacher in 2019 tot Formule 2 gevorder en die daaropvolgende jaar die Formule 2-kampioenskap gewen. In 2021 skuif hy op na Formule Een vir Haas.