Middle East Airlines

Middle East Airlines – Air Liban
طيران الشرق الأوسط ـ الخطوط الجوية اللبنانية
IATA ICAO Roepteken
ME MEA CEDAR JET
Gestig31 Mei 1945; 79 jaar gelede (1945-05-31)
HoofspilleBeiroet-Rafic Hariri Internasionale Lughawe
LojaliteitsprogramCedar Miles
AlliansieSkyTeam[1]
Subsidiêre
  • Cedar Executive
  • Lebanese Beirut Airport Catering Company (LBACC) (77.5%)
  • Middle East Airlines Ground Handling (MEAG)
  • Middle East Airports Services (MEAS)
  • Mideast Aircraft Services Company (MASCO)
Vlootgrootte24
Bestemmings34
HouermaatskappyBanque du Liban
HoofkantoorBeiroet, Libanon
SleutelpersoneMohammad El Hout (voorsitter)
Wins VS$-45 000 000 (2021)[2]
Werknemers5000+ (2023)
Webwerfwww.mea.com.lb

Middle East Airlines (IATA: MEICAO: MEA – Roepsein: CEDAR JET) (Arabies: طيران الشرق الأوسط ـ الخطوط الجوية اللبنانية‎) is die vlagdraer van Libanon, met sy hoofkantoor naby die lughawe in Beiroet. Dit bedryf geskeduleerde internasionale vlugte na Asië, Europa, die Midde-Ooste en Afrika vanaf sy basis by die Beiroet-Rafic Hariri Internasionale Lughawe.

Middle East Airlines (MEA) is 'n lid van die SkyTeam-lugrederyalliansie. MEA het vroeg in 2006 by 'n perskonferensie in New York sy belangstelling uitgespreek om 'n SkyTeam-assosieerde lid te word. Op 28 Februarie 2011 het die lugredery die vennootskapsooreenkoms met SkyTeam by 'n seremonie in Beiroet onderteken, en op 28 Junie 2012 amptelik by die alliansie aangesluit, wat dit 17de lid en die tweede lidlugredery in die Midde-Ooste gemaak het.

  1. "Middle East Airlines Joins SkyTeam". SkyTeam. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2012.
  2. Kaminski-Morrow, David (24 November 2021). "MEA full-year financial performance hammered by successive calamities". Flightglobal.com.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne