Amptelike naam | Viaduc de Millau |
---|---|
Dravrag | Motorvoertuie |
Oorspan | Vallei van die Tarnrivier |
Ligging | Millau, Frankryk |
Ontwerp | Kabelstut |
Langste spanwydte | 342 meter |
Totale lengte | 2 460 meter |
Wydte | 32 meter |
Vryhoogte onder | 270 meter by hoogste punt |
Openingsdatum | 14 Desember 2004 |
Die Millau-brug (Frans: Viaduc de Millau, [vja.dyk də mi.jo]) is 'n kabelstutbrug wat oor die vallei van die Tarnrivier naby Millau in Suid-Frankryk span. Die brug, wat deur die Franse ingenieur Michel Virlogeux in samewerking met die Britse argitek Norman Foster ontwerp is, is die hoogste voertuigbrug in die wêreld met die toppunt van een van die steunpilare wat 'n hoogte van 341 meter bereik wat effens hoër is as die Eiffeltoring en net 40 meter korter as die Empire State-gebou. Die brug is formeel op 14 Desember 2004 geopen en twee dae later vir verkeer oopgestel.