Miofibril

Skeletspier, met die miofibrille bo regs aangedui
'n Diagram van die struktuur van 'n miofibril (bestaande uit baie miofilamente in parallel, en sarkomere in serie.
Gly-filament model van spiersametrekking

'n Miofibril of spier fibril is'n basiese staafvormige eenheid van 'n spiersel.[1] Spiere is saamgestel uit buisvormighe selle, genoem miosiete, bekend as die spiervesels in gestreepte spierweefsel, en elkeen van hierdie selle bevat baie kettings van miofibrille. Hulle ontstaan tydens embrioniese ontwikkeling in 'n proses wat bekend staan as miogenese.

Miofibrille bestaan uit lang proteïene insluitend aktien, miosien, en titien, en ander proteïene wat bymekaar hou. Hierdie proteïene is in dik en dun filamente gerangskik, die sogenaamde miofilamente, wat langs die hele lengte van die miofibril herhaal in segmente wat as sarkomere bekend staan. Spiere trek saam deurdat die dik vesels (miosien) verby die dun vesels (aktien) gly.

  1. McCracken, Thomas (1999). New Atlas of Human Anatomy. China: Metro Books. pp. 1–120. ISBN 1-5866-3097-0.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne