Mispelagtiges

Mispelagtiges
Rubia tinctorum
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Rubiales
Families

Sien teks.

Die Mispelagtiges (orde Rubiales) word volgens 'n onlangse klassifikasiestelsel in vyf families ingedeel. Die grootste hiervan, wat ook vir die mens die belangrikste een is, is die mispelfamilie (Rubiaceae). Die familie sluit soorte soos die katjiepiering, koffie en wildelukwart in.

Die Mispelagtiges (orde Rubiales) is 'n groep plante wat deur deskundiges as hoogs ontwikkel beskou word, hoofsaaklik vanweë die min blomdele van hul blomme. Die blomme is tetrameries of pentameries (vier- of vyfledig saamgestel) en het ewe veel kroonblare en meeldrade of minder meeldrade as kroonblare. Verder is hulle aktinomorf (reëlmatig) of sigomorf (slegs een vlak van simmetrie). Die onderstandige vrugbeginsel bestaan gewoonlik uit twee of drie vrugblare.

Die blare is meestal teenoorstaande en die bloeiwyse gewoonlik 'n byskerm. Kruidagtige gewasse, struike, bome, epifiete en rankplante word almal binne die orde aangetref. Die Rubiaceae en Caprifoliaceae is merendeels houtagtig en die Valerianaceae en Dipsacaceae merendeels kruidagtig. Die Adoxaceae het slegs een kruidagtige spesie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne