Mitchells Plain

Mitchells Plain‎
Voorstad
Skoolkinders in Mitchells Plain
Skoolkinders in Mitchells Plain
Mitchells Plain‎ is in Wes-Kaap
Mitchells Plain‎
Mitchells Plain‎
 Mitchells Plain‎ se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 34°3′2″S 18°37′5″O / 34.05056°S 18.61806°O / -34.05056; 18.61806
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
MunisipaliteitStad Kaapstad
Stigting1970
Oppervlak
 • Totaal43,76 km2 (16,90 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal310 485
 • Digtheid7 095/km2 (18 380/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense0.2%
 • Indiërs/Asiërs0.6%
 • Bruin mense90.8%
 • Swart mense7.3%
 • Ander1.1%
Taal (2011)
 • Engels 47.4%
 • Afrikaans 46.9%
 • Xhosa 3.3%
 • Ander 2.4%
Poskode (strate)
7785
Poskode (posbusse)
7789
Skakelkode021

Mitchells Plain‎[2] is 'n woongebied vir grotendeels bruin mense, 32 km vanaf Kaapstad se middestad. Dit is Suid-Afrika se elfde grootste woongebied. Dit is op die Kaapse Vlakte aan die Valsbaai-kus tussen Muizenberg en Khayelitsha geleë.

Mitchells Plain‎ is in die 1970's as 'n township vir Bruin inwoners onder die destydse groepsgebiedewet aangelê. Hoewel Mitchells Plain‎ nie meer 'n uitsluitlik bruin woongebied is nie, is die bevolking steeds oorwegend Bruines. Met 'n geskatte bevolking van 310 485 mense bestaan Mitchells Plain‎ uit verskeie sub-afdelings wat die diversiteit en klasseverskille tussen inwoners aandui.

Die gebied was aanvanklik bekend as basis van die United Democratic Front wat die ANC se anti-apartheidsbedrywighede help finansier het. Deesdae is dit meer bekend vir sy bendes en "tik"-verslawing (metamfetamien) onder die jeug. Ten spyte van die negatiewe faktore is een van Kaapstad se grootste winkelsentrums, die Liberty Promenade, hier geleë.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Mitchells Plain‎". Sensus 2011.
  2. Die amptelike spelling, wat oorspronklik aan die Nasionale Pleknamekomitee voorgelê is vir goedkeuring, was Mitchell's Plain.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne