Mitsubishi G4M | |
---|---|
Tipe | Bomwerper |
Vervaardiger | Mitsubishi |
Ontwerp deur | Kiro Honjo |
Nooiensvlug | Oktober 1939 |
Status | Onttrek aan militêre diens |
Hoofgebruiker | Japannese Vloot. |
Die Mitsubishi G4M was 'n tweemotorige bomwerper wat deur die Japannese Keiserlike Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie vliegtuig is ontwikkel na aanleiding van 'n togafstand-ten-alle-koste-spesifikasie van die Japannese Vloot in 1937. Kiro Honjo het die ontwerpspan gelei en hy het die spesifikasiedoelwit bereik deur die beskerming feitlik weg te laat ten opsigte van groter brandstoftenks. Die prototipe het sy nooiensvlug in Oktober 1939 voltooi. Die Geallieerdes het die bynaam Betty aan die vliegtuig gegee.