Mmusi Maimane | |
![]() Mmusi Maimane | |
Leier van die Demokratiese Alliansie
| |
Ampstermyn 10 Mei 2015 – 23 Oktober 2019[1] | |
Voorafgegaan deur | Helen Zille |
---|---|
Opgevolg deur | John Steenhuisen (tussentyds) |
Ampstermyn 29 Mei 2014 – 24 Oktober 2019[2] | |
President | Jacob Zuma Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Lindiwe Mazibuko |
Opgevolg deur | Annelie Lotriet (waarnemend) John Steenhuisen |
Nasionale woordvoerder: Demokratiese Alliansie
| |
Ampstermyn November 2011 – Mei 2014 | |
Voorafgegaan deur | Lindiwe Mazibuko |
Opgevolg deur | Phumzile van Damme Marius Redelinghuys |
Federale Adjunkvoorsitter van die Demokratiese Alliansie
| |
Ampstermyn November 2012 – 10 Mei 2015 | |
Voorafgegaan deur | Dianne Kohler Barnard |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 6 Junie 1980 Krugersdorp, Suid-Afrika |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Eggenoot/-note | Natalie Maimane[3] |
Kind(ers) | 2[3] |
Alma mater | Universiteit van die Witwatersrand Universiteit van Suid-Afrika Universiteit van Wallis |
Religie | Rooms-Katolieke Kerk |
Mmusi Aloysias Maimane[4] (gebore 6 Junie 1980) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en gewese leier van die Demokratiese Alliansie (DA). Hy is in Krugersdorp gebore en het in Dobsonville, Soweto, gewoon en skoolgegaan. Hy is met Natalie getroud en hulle het twee kinders, Kgalaletso en Daniel.
Maimane word in Mei 2014 as parlementslid ingehuldig nadat die DA nie Gauteng, waar hy die premierskandidaat was, kon wen nie. Hy volg op 26 Mei 2014 Lindiwe Mazibuko as parlementêre leier[5] en op 10 Mei 2015 Helen Zille as partyleier op.
Hy bedank op 23 Oktober 2019 weens onduidelike redes as leier van die Demokratiese Alliansie[1] en op 24 Oktober 2019 as opposisieleier in die Nasionale Vergadering.[2] Daar word gespekuleer dat dit te make het met die verkiesing van Zille as die DA-party se nuwe voorsitter van die Federale Raad; sy word as 'n regse element beskou.
Maimane stig die One South Africa Movement in 2020.[6] Hy loods 'n nuwe politieke party, Build One South Africa op 24 September 2022.[7] In 2024 wen BOSA twee setels in die nasionale parlement en Maimane word lid van die parlement.[8]
Ons probeer om beide Tswana en Engels met hulle te praat, nes Afrikaans-Engelse ouers sou, of Xhosa-Tswana-ouers, soos byvoorbeeld myne.