Rapa Nui Nasionale Park | ||
Moai wat na die binneland kyk by Ahu Tongariki. Hulle is in die 1990's deur die Chileense argeoloog Claudio Cristino gerestoureer. | ||
Land | ![]() | |
Soort | Standbeelde | |
Streek | Paaseiland | |
Oppervlakte | 6 666 ha | |
Geskiedenis | ||
Bouer | Rapa Nui-volk | |
Tydperk | Omstreeks 1250 tot 1500 | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | i, iii, v | |
Verwysing | 715, 1995 | |
Streek† | Latyns-Amerika en die Karibiese streek | |
Beskrywing* | Rapa Nui National Park | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Moai is groot klipbeelde op Paaseiland in die suidoostelike Stille Oseaan. Hulle is vermoedelik van omstreeks 1250 tot 1500 gemaak,[1][2] en daarna is die oprig daarvan gestaak. Hulle is gebou uit vulkaniese gesteente. In die Britse Museum in Londen is ’n moai te sien met die naam Hoa Hakananai'a.
Sowat die helfte is steeds by Rano Raraku, die hoofperseel waar die beelde aangetref word, maar honderde is van daar af geneem en oral oor die eiland op klipplatforms, bekend as ahu, opgerig. Hulle het feitlik almal oorgroot koppe; dit maak tot drie agtstes van die hele standbeeld uit. Die moai is hoofsaaklik die gesigte van vergoddelikte voorvaders (aringa ora ata tepuna).[3] Hulle kyk feitlik almal na die binneland, waar hulle waak oor hul afstammelinge.
Die bou en verskuiwing van die 887 standbeelde[4] word beskou as ’n merkwaardig kunstige en fisieke daad.[5] Die hoogste een, met die naam Paro, is amper 10 m hoog en weeg 82 ton;[6] die swaarste een is korter maar stewiger en weeg 86 ton.
Een onvoltooide standbeeld sou sowat 21 m hoog gewees het as dit voltooi sou wees, en sou sowat 270 ton geweeg het.