Molly en Wors | |
Genre | Sitkom |
---|---|
Geskep deur | Willie Esterhuizen |
Geskryf deur | Willie Esterhuizen |
Geregisseer deur | Willie Esterhuizen Pieter Esterhuizen |
Met | Sien teks |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Produksie | |
Uitvoerende vervaardiger(s) | Willie Esterhuizen |
Regisseur(s) | Pieter Esterhuizen |
Venue(s) | Johannesburg |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | KykNET |
Oorspronklike lopie | 2009 – 2011 |
Verwante film(s) | Molly en Wors (rolprent) |
Molly en Wors is 'n situasiekomedie (sitkom) wat van 2009 tot 2011 op kykNET uitgesaai is. Die program draai rondom die disfunksionele Visagie-gesin wat binne Johannesburg in 'n luukse Toskaanse Villa woon. Die gesinslede bestaan uit Wors, Molly, Vaatjie en Blapsie. Die onderliggende humor lê in ironie, die ontbloting van dubbele standaarde, sinspeling, sowel as die "parvenu" wat tot uiting kom.