Moltrein (roman)

Moltrein
roman

SkrywerDan Roodt
LandFrankryk
TaalAfrikaans
OnderwerpRomanse, Apartheid, kultuur, globalisering, kommunisme, ballingskap, reisverhaal
GenreFiksie
UitgewerPRAAG
UitgegeeMei 2004
MediumSlapband
Bladsye302
ISBN0-9584635-8-1

Moltrein is 'n roman geskryf deur Dan Roodt. Die boek word deur die skrywer self omskryf as 'n roman vir die leser wat meer verwag as "man ontmoet meisie op 'n tropiese eiland." Die boek kan as post-postmoderne liefdesverhaal beskou word. Anton du Preez is 'n onsuksesvolle pianis en komponis wat heelwat tyd in die Paryse moltreinstelsel deurbring totdat hy die fabelagtig ryke Erika ontmoet. Sy verlos hom uit die verveling van 'n middelmatige bestaan as moltreinpassasier en hulle besoek allerlei interessante plekke en restaurants, met 'n oordaad aan seks en literêre verwysings. Die hele boek ondergrawe die leser se begrip van apartheid deur die begrip te verestetiseer.[1]

  1. Nieuwoudt, S. 2004. Filistynse luiheid pla: Engels nie ál venster op buiteland, sê Dan Roodt. Die Burger, 15 Junie: 14.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne